Goosen vertel aan Suid- Kaap FORUM dat die koei altwee kalfies huis toe gebring het, maar toe net een saamgevat het toe sy weer veld toe is. "Ons het die kalfie huis toe gebring en by 'n melkery beesmelk gekry. My kleindogter, Simoné Grové het die melk met 'n bottel aan die kalf gevoer.
Ons het toe 'n vars gekalfde Jerseykoei gekoop en die buffel- en jerseykalfies drink nou saam".
Intussen het Goosen gemerk dat die buffelkalf tussen die koei se bene van die agterkant af aan haar spene drink, terwyl die jerseykalfie van die kant af drink. Dit is glo omdat buffelkalfies aan hul ma's drink terwyl die trop trek, asook om te voorkom dat hul leeukos raak!
Sien nog foto's hier.

Hier is die tweelingversie wat die buffelkoei weer saamgeneem het na die veld.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'