OUDTSHOORN NUUS - Preston Titus se twee moordenaars, Magdaleen Titus en Justice Mooi, is vandag lewenslank tronk toe gestuur vir sy moord. Regter Nolwasi Mabindla-Boqwana het hulle ook tot drie jaar gevonnis vir regsverydeling.
Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
Die hof was vanmiddag stampvol met mense wat die vonnisoplegging wou aanhoor.
Preston se familie het na afloop van die verrigtinge gesê dat hulle bly is oor die lewenslange vonnis: "Ons pad na genesing kan na twee jaar uiteindelik begin. Hoewel dit 'n goeie straf is, gaan dit steeds nie vir Preston terug bring nie."
Mabindla-Boqwana het tydens vonnisoplegging gesê sy kon geen wesenlike omstadighede sien waarom daar van die minimum vonnis van lewenslank afgewyk moet word nie.
"Beide die beskuldigdes is persone wat uit standvastige families met goeie waardes kom."
Sy het gesê Titus was in 'n vertrouensposisie wat sy misbruik het deur haar man en pa van haar kinders in die veiligheid van sy eie huis te vermoor.
Magdaleen Titus saam met haar regsverteenwoodiger, Henk Carstens.
Justice Mooi is vandag lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op Preston Titus.
Mooi kom voor, volgens die regter, as 'n skerp jong man wat genoeg tyd gehad het om van plan te verander, maar hy het steeds met die moord voort gegaan.
Volgens haar het nie een van die twee verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar nie.
Beide Titus en Mooi se regsverteenwoordigers, Henk Carstens en adv. Stoffel Prinsloo, het aangedui dat hulle 'n aansoek tot appél teen die skuldigbevinding en vonnis gaan indien.
Justice Mooi en Magdaleen Titus.
Vorige artikels:
- Weermagmoord: Mooi en Titus kry lewenslank
- Vonnisverrigtinge begin in Titus-moordverhoor
- Vonnisoplegging uitgestel
- Swart Vrydag vir Maggie
- Weermagmoord: Geen borg vir Titus
- Weermagmoord: Titus en Mooi skuldig
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'