Dit raak al meer duidelik dat die plante en seekos van die gebied 'n beduidende rol gespeel het in die oorlewing van mense wat 120 000 jaar gelede die grot bewoon het.
Die afgelope week het Yvette van Wijk daar besoek afgelê vir navorsing. Sy is tans besig met haar doktorsgraad rakende plantgemeenskappe, geassosieer met argeologiese persele in die Suid-Kaap en wat moontlik van antropogeniese oorsprong kan wees.
Haar wye kennis oor plante het byval gevind by die groep wat haar vergesel het op die uitstappie.
Sy het onder andere uitgewys watter plante gebruik is vir tou en seep (Passerina), kleursel (Rubia) reukweerder (Sutera), asook kos en medisyne (geofiete en kruie).
Vir van Wijk is dit belangrik dat die potensiaal en botaniese geskiedenis van die plante wat so maklik vernietig word nie verlore gaan nie. Sy vergelyk haar bevindinge met die Taxa wat steeds gebruik word deur inheemse gemeenskappe, direkte afstammeling van die pre-historiese inwoners van die persele. Haar studie fokus daarop om uit te vind of die grotbewoners die plante gereeld in hul daaglikse lewe gebruik het, wat daartoe gelei het dat dit vandag steeds aangetref word op die persele.
Die waarskynlikheid van saadverspreiding deur middel van menslike gebruike word aangeteken van plante wat binne 'n honderd meter radius vanaf 'n argeologiese perseel voorkom.
Daar word veral gekyk na skuiling, beddegoed, ontlasting en vure in teenstelling met verspreiding van saad deur voëls. Dit verduidelik hoe mense 'n rol gespeel het in plant evolusie. Ongelukkig gebeur dit baie dat argeologiese opgrawings dié tipe bewyse vernietig voor dit deeglik ondersoek kan word.
Alhoewel toegang tot die grot verbode is, was dit 'n voorreg vir die groep om buite die grot te sit waar ons voorvaders dieselfde uitsig geniet het. Onderweg na die grot is die natuurskoon net so besonders met 'n verskeidenheid van unieke plantegroei.
*IN SHORT
A small group visited Blombos Cave this past week to find insight into the botanical heritage of this archeological treasure. Blombos Cave is in the process of being declared a Word Heritage Site because of its significant pre-history findings as the Cradle of Creativity.
It is becoming more apparent that the plants and seafood of this area, played a vital role in the survival of a core population 120 000 years ago.
Yvette van Wijk decided to examine the plants around Blombos Cave for her Phd about plant communities associated with archeological sites in the Southern Cape. She compares her findings with the taxa still used by indigenous communities, direct descendents of the original prehistoric inhabitants of the sites.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Een van die pragtige natuurtonele by die Blombosgrot
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'