"Die gebied vanaf Mosselbaai tot Swellendam is van die hoogste in die provinsie waar mense uit 'n voertuig bevry moet word," verduidelik mnr. Jaco Pretorius van die plaaslike Forensiese Patalogiese Dienste.
Dit is ook die rede hoekom mnr. Richard Botha van EMS Rescue Services in George Donderdag, 17 Oktober 'n 'Voertuig bevrydings oefening' (Vehicle extraction exercise) in dié dorp gereël het waar verskeie bevrydingstegnieke met die 'kake van die lewe' (jaws of life) gedemonstreer is.
Die plaaslike munisipale verkeersdepartement, Forensiese Patalogiese Dienste, EMS Rescue Services asook die lede van Suid-Kaap Karoo van hierdie betrokke dienste het die oefening bygewoon. Dit was by die plaaslike ambulans-stasie en 'n skrootwerf aangebied.

Lede van plaaslike en Suid-Kaap Karoo se onderskeie nooddienste het die oefening bygewoon.