Die voorval het Vrydag, 24 Oktober teen ongeveer 16:00 gebeur toe die hond na bewering sonder rede aangeval en 18 keer aan sy arms, bene, hande en rug gebyt het.
Volgens die persoon wat verkies om anoniem te bly, glo hy dat sy beserings erger sou wees indien dit nie was vir 'n jongman wat op die toneel gestop en hom agterop sy bakkie gelaai het nie.
Hy was so geskok dat dit 'n wyle geneem het om tot verhaal te kom sodat sy vrou hom na die plaaslike dokter kon neem om die wonde te heg.
In gesprek met die eienaar van die hond is bevestig dat die reunhond, 'n kruising tussen 'n langbeen Foxterrier en Skaaphond reeds van die eiendom verwyder is.
Volgens die dame voel hulle baie sleg oor die voorval, maar wag tans op 'n verslag vanaf die Hessequa skutmeester voor enige verdere kommentaar op die voorval gelewer kan word.
Die voorval is aangemeld by Stilbaai Polisie, asook Hessequa Wetstoepassing.
Eienaar se verantwoordelikheid
Dit is die verantwoordelikheid van die eienaar van 'n potensieël gevaarlike hond om sekere stappe te neem om te verseker dat 'n troeteldier nie in 'n aggresiewe hond verander nie.
'n Potensieël gevaarlike hond behoort nie in die versoeking gestel te word om mense en diere aan te val nie.
Enige hond behoort reeds as 'n babahond opgelei te word om met mense en ander honde en diere te sosialiseer. Indien jy nie met jou hond wil teel nie, behoort hy reggemaak te word omdat hy dan van sy territorial instinkte en aggressie verloor.
Daar is bevind dat 80% van dodelike aanvalle gewoonlik 'n nie-reggemaakte reun is. 'n Honde-eienaar behoort hom van kleinsaf te leer om nie te byt nie en sy hond se gedrag dop te hou vir moontlike tekens van aggressie, wat tot 'n aanval kan oorgaan.
*IN SHORT
A resident received medical treatment after he was attacked by a dog and sustained numerous bitemarks to his arms, legs, hands and back. The Hessequa Pound Master as well as the local Police was informed of the incident. Residents should know if their dog is agressive and take responsibility for their animal, especially if the dog has the tendency to attack animals and people.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Die man is op verskeie plekke aan sy lyf gebyt.

Een van die diep bytwonde aan sy been.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'