De Villiers het 'n ou foto album binne 'n verskeurde swart sak gevind wat reeds geruime tyd aan die weer blootgestel was. Volgens hom is daar ook 'n student registrasie sertifikaat van 2002 om eksamen te kan skryf, asook sagtebandboeke wat universiteitsvakke is.
Hy vertel dat die sakke steeds daar lê, maar dat die foto album met die ou foto's sy belangstelling geprikkel het. "Miskien herken iemand die mense, huise en omgewing".
Die foto's is professioneel gedruk en is ook poskaarte, wat dit eintlik baie kosbaar maak.
Volgens De Villiers dink hy nie 'n persoon sal spesiaal uit die dorp ry om die sakke langs die vliegveld te los nie, wat hom die vermoede gee dat iemand dalk 'n vliegtuigloods (hanger) skoongemaak en die sakke moontlik agtergelaat het.
* IN SHORT
Do you recognize the people, places or buildings on these postcard photographs? A resident of Riversdale found these photo's inside an old photo album, which was in a discarded black bag next to the Riversdale Airstrip. He is not sure who left the black bag, which also contains university text books and a student registration certificate to write exams.
_510645132.jpg)
Lyk die berge miskien bekend? Is dit 'n ou steenkool kragstasie se skoorsteen?
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'