RIVERSDAL NUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) bied op Saterdag 27 Mei weer 'n opedag aan by die Frans Joubert-skietbaan in Riversdal.
Die doel van hierdie dag is om enigeen wat graag wil, of belangstel in skiet, die kans te gee om dit te kan doen. Almal is welkom, ongeag of jy 'n wapen besit of nie.
Wapens sal deur ander eienaars gedeel word en ammunisie sal voorsien word teen 'n minimale fooi. Dit sluit verskeie kalibers jaggewere, haelgewere en handwapens in.
Die skietdag begin om 09:00 en alle aktiwiteite is gratis.
Rig navrae aan Stephan 071 626 6249 of stuur 'n e-pos na info@suidkaapjagters.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’