Update
HEIDELBERG NUUS - De Waalville Primêre skool het nog 'n graad 2-leerder hierdie kwartaal aan die dood afgestaan met die skielike heengaan van Jay-Tee (JT) October.
JT, enigste seun van Andries en Amelia October is Donderdag 22 Februarie deur ambulanspersoneel in hul huis dood verklaar nadat sy pa hom vroeër die oggend na die daghospitaal geneem het.
Volgens sy erg geskokte pa het JT geslaap nadat hy sy medikasie gedrink het wat hy by die daghospitaal ontvang het.
"Ek was net gou by sy ouma Mina onder in die pad, toe ek met my terugkeer 'n paar minute later ontdek dat daar groot fout met hom is."
Andries vertel dat sy vrou Kaapstad toe was vir 'n paar dae en dat hy vir JT self kliniek toe geneem het nadat hy gekla het dat sy maag ontsteld is.
Hy het blykbaar vir die verpleegster gevra om JT na die dokter te verwys.
"Sy het gesê dis nie nodig nie, dis net diaree en my 'n pakkie pille gegee."
Hy het sy dogter geroep toe hy ontdek dat daar fout is met sy seun, terwyl hy sy skoonma gaan haal het.
Buiten sy ouers en suster, Raymondé, laat JT sy ouma Wilhelmina Adams agter.
Op navraag het Nadia Ferreira, media woordvoerder vir die Wes-Kaap departement van gesondheid gesê dat 'n nadoodse ondersoek versoek is omdat sy dood skielik was en dit buite die hospitaal omgewing geskied het.
Lees 'n vorige artikel: Jong seun sterf onverwags
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'