HEIDELBERG NUUSFLITS - ‘n Graad 2-leerder van De Waalville Primêre skool, Jay-Tee October (8) het gistermiddag, 22 Februarie, skielik aan huis van sy ouers gesterf.
Dié enigste seun van Andries en Amelia October, is gistermiddag deur ambulanspersoneel in hul huis in Robertsweg dood verklaar nadat sy pa hom vroeër die oggend daghospitaal toe geneem het.
Volgens sy erg geskokte pa, het sy seun by die huis geslaap nadat hy sy medikasie gedrink het.
Die pa was gou na sy ouma.
Met sy terugkeer 'n paar minute later, het hy ontdek dat daar groot fout is met JT.
Die daghospitaal en ambulansdienste is ontbied.
Daar word nog op departement van gesondheid se amptelike kommentaar gewag.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'