HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het die afgelope naweek op 'n vermeende dwelmhandelaar toegeslaan en op dwelms met 'n geskatte straatwaarde van sowat R7 000 beslag gelê.
Volgens sers. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, het Skof D onder leiding van ao. Gerhard Swart tydens 'n geheime operasie 'n 30-jarige man van Dollar Square in besit van tik, Mandrax en 'n elektroniese skaal betrap.
Die verdagte is in hegtenis geneem en het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Dit is tans onduidelik wat die status van die saak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’