RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het hul goeie vorm die afgelope naweek voortgesit toe hulle twee van Harlequins se drie spanne op die Riverville-stadion geklop het.
Die tuisspan se A- en C-spanne het sterk vertonings gelewer om oorwinnings te behaal, terwyl die B-span ná ’n taai stryd net-net die onderspit moes delf.
Die oorwinning is veral betekenisvol vir die Blues se A-span, wat die vorige week in ’n spannende wedstryd teen Groot-Brakrivier met 29 - 38 verloor het.
Saterdag het hulle egter karakter getoon om terug te bons en Harlequins met 29 - 25 te verslaan.
Die B-span kon nie dieselfde sukses behaal nie en het met 21 - 25 verloor nadat die wedstryd deurgaans fyn gebalanseer was.
Die C-span het intussen ’n oortuigende vertoning gelewer en Harlequins met 21 - 10 geklop om die dag op ’n positiewe noot vir die klub af te sluit.
Die uitslae bevestig die groeiende mededingendheid van Riversdal Blues, wat ná gemengde uitslae in onlangse weke weer waardevolle punte en selfvertroue op tuingrond ingepalm het.
Ondersteuners hoop die span kan hierdié momentum behou wanneer hulle hul volgende ligawedstryde aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’