Sponsored Content
SAKENUUS - ACVV Ienkel Dienkel Preprimêre Skool beskou ons nominasie vir die Best of Hessequa 2026-toekenning in die kategorie ‘Beste Voorskool’ as ’n besondere voorreg en groot eer.
Ienkel Dienkel is soos ’n tweede huis waar elke kleuter geliefd, veilig en waardevol voel.
Hier kan klein handjies begin bou aan groot drome terwyl hulle elke dag in ’n gelukkige, liefdevolle omgewing leer en hul unieke potensiaal kan ontdek.
Ons toegewyde onderwysers werk met passie, geduld en ’n opregte liefde vir kinders om elke dag ’n positiewe verskil in hul jong lewens te maak.
Binne ’n veilige, stimulerende en goed toegeruste leeromgewing ontvang die kleuters die beste moontlike grondslag vir hul toekomstige skoolloopbaan.
By Ienkel Dienkel sien ons nie net kinders nie - ons sien hul talente, hul uniekheid en hul toekoms.
Ons is trots op ons sterk waardes, gehalte onderrig en die rol wat ons speel om gelukkige, selfversekerde kinders voor te berei vir die groot skool.
Ons bedank die gemeenskap, ouers, oud-ouers, oud-leerders, grootouers en ondersteuners vir hul vertroue en ondersteuning.
Saam droom, bou en glo ons in ons kinders se toekoms - en so groei ons, treetjie vir treetjie, saam.
Klik hier om vir Ienkel Dienkel te stem!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’