ALBERTINIA NUUS - ‘n 33-Jarige man is dood na hy ‘n steekwond met ‘n skerp voorwerp aan sy bors opgedoen het.
Volgens kapt Susan Botha, Albertinia-polisie stasiebevelvoerder, het die voorval Woensdag, 27 Januarie om ongeveer 11:15 plaasgevind.
“Die slagoffer, Zayn Arendse van Bosduifstraat, Albertinia het by sy huis inmekaargesak. “Hy is na die plaaslike kliniek gehaas, maar hy was reeds dood.”
‘n Moorddossier is geopen. Enigiemand met meer inligting word gevra om die ondersoekbeampte, sers Deon Jansen (079 894 1614 of 028 735 8047) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'