Die wandelpad wat hierlangs kronkel is veral gewild, maar is daar elemente soos rommelstrooi, onwettige vure, asook persone wat in die gebied in die bosse woon wat stappers ontmoedig om daar te gaan stap.
Alida Nel van Pretoria noem in 'n sms dat haar vier dae kuier op Stilbaai ontsier is deur die munisipale skandkol, "soos ons die omgewing noem vanaf die hoofstraat tot onder die Jagersbosch kantore. Dit ontstel mens so as jy daar stap dat dit 'n streep trek deur die rus en vrede wat jy as toeris hier kom soek."