RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues se A-, B- en C-spanne het Saterdag 1 Augustus op Riverville-stadion teen Oudtshoorn All Blacks kragte gemeet en met puik vertonings hul stempel op die dag se rugby afgedruk.
Die C-span het die dag met ’n oorwinning van 38 - 5 afgeskop, terwyl die B-span met 26 - 14 geseëvier het.
Die A-span het daarna die wedstryde met ’n oortuigende oorwinning van 53 - 34 afgesluit.
Die Blues-spelers het deurgaans met groot geesdrif en vasberadenheid opgedraf en hul vaardighede en goeie spanwerk op die veld ten toon gestel.
Ondersteuners het die spanne van die kantlyn af aangemoedig en gesorg vir ’n lewendige atmosfeer op Riverville-stadion.
Die drie oorwinnings het die Blues-klub met ’n suksesvolle dag se rugby laat wegstap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’