HESSEQUA NUUS - Hoewel die organiseerders minder as 10 dae gehad het om alles in plek te kry, is ‘n goeie hoeveelheid inskrywings vir die Hessequa Heritage Fees en Trail-runs op Saterdag, 26 September in Stilbaai ontvang.
Dit is vanjaar die vierde agtereenvolgende jaar wat dié byeenkoms, wat hoofsaaklik uit die 16 km Heritage Trail-run en die 5 km Mini Trail-run bestaan, asook die brood-en beskuitfees by die eindpunt by Stilbaai Toerisme, aangebied is.
‘n Totaal van 96 deelnemers het vir die 16km trail-run ingeskryf en het dié asemrowende kusroete vanaf Jongensfontein na Stilbaai suksesvol voltooi, ten spyte van ysige weersomstandighede, reën en wind plek-plek.
Die 5 km-Mini Trail is deur 115 deelnemers verteenwoordig.
Drawwers pak die kus tussen Jongensfontein en Stilbaai aan.
Foto's: Verskaf:
• Volledige resultate is beskikbaar by www.mystilbaai.co.za terwyl die resultate en foto’s ook op die byeenkoms se Facebook-bladsy beskikbaar is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'