Update
RIVERSDAL NUUS - Simon Odendaal is vanjaar as nuwe tegniese voorsitter van die uitvoerende burgemeesterskommitee aangestel.
Hy woon in Heidelberg en ken die gemeenskap goed. Koring-, skaap- en melkboerdery was vir 30 jaar sy eerste liefde.
Voor hy enigsins by politiek betrokke geraak het, het hy vrywillige werk in Israel gedoen. Die konstruksie wêreld het hom vir bykans twee jaar in Amerika besig gehou.
"My belangstelling was nie juis by politiek nie. 'n Tragiese gebeurtenis in 2015 het daartoe gelei dat ek genader is om vir kandidaat aansoek te doen en vir wyk 9 te staan. Ek het die wyk gewen en was sedert 2016 raadslid tot nou," het Odendaal gesê.
Basiese dienste is vir hom belangrik en hy wil toesien dat dít aan elkeen in die gemeenskap voorsien word.
Lees 'n vorige artikel hier: Munisipaliteit verwelkom Odendaal.
Van links is Simon Odendaal, Margaret Jakobs (gemeenskapdienste), Grant Riddles, Johannes Hartnick (onderburgemeester) en Ben Smith (korporatief en finansies). Foto: San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'