RIVERSDAL NUUS - 'n Besonderse geleentheid het 'n onderwyser en twee leerders van die die skool te beurt geval.
Mnr. Bennie Aucamp, landbouonderwyser, Sybrand van Dyk (gr. 11) en Hanro van Rooyen (gr. 12) vertrek op 22 Junie saam met die Wes-Kaapse departement van landbou op 'n landboutoer na Oostenryk.
Hulle is 'n groep van 12 leerders en studente, onder leiding van mnr. Gareth Williams van dié departement wat die toer meemaak.
Die groep vertrek vanaf Kaapstad Internasionaal na Linz, waar hulle twee hoërskole besoek en verskeie lesings in landbou gaan bywoon.
Die toer sluit besoeke aan brouerye, suiwelverwerkingsaanlegte, groente- en wynplase, asook 'n geselligheid saam met die Oostenrykse minister van landbou en bosbou in. In Linz word die bekende Hallstat, wat wêreldwyd bekend is vir soutproduksie, asook 'n kultuur-erfenisgebied, besoek.
Hulle keer op 7 Julie na Suid-Afrika terug.
Gedurende 2019 ontvang Oakdale ook uitruilstudente vanaf Oostenryk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'