Die slag en verwerking van diere vorm ‘n deel van die silabusse van die vakke Landbouwetenskap en Landboubestuurspraktyk.
By die abbatoir het die bestuurder, mnr. Marius Dippenaar die proses vanaf slagting tot lewering aan die slaghuise verduidelik. By JC Slaghuis het die seuns gesien hoe die karkasse verwerk word tot waarde-toegevoegde produkte.
Oakdale bedank die bestuur van die abbatoir, asook mnr. Anton Swart, eienaar van die slaghuis vir hul tyd en opoffering in hierdie verband.

Die graad 10-leerders moes beskermende klere aantrek voor hulle die slagplek en koelkamers kon besoek.