Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - ‘n Nuwe Pick n Pay-tak het Donderdag 4 April in Riversdal geopen.
Nuuskierige inwoners het al vroegdag voor die nuwe winkel in Kerkstraat tou gestaan om te sien watter winskope aangebied word.
Volgens Jacques Oberholzer, mede-eienaar, bied hulle ten minste 50 basiese voedselsoorte teen spesiale pryse aan.
Inwoners van Riversdal is verheug daaroor dat hulle nou by meer as een groot supermark in die dorp kan inkopies doen.
Die winkel bied ook werksgeleenthede vir altesaam 43 mense, wat die bestuur uitsluit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'