RIVERSDAL NUUS - "Die Here neem, maar die Here gee weer. Dit kon mens vandag weer in oorvloed beleef."
Só het Chris Veldsman, uitvoerende bestuurder van DROOM, Saterdag-oggend, 1 April, aan inwoners by die amptelike opening en die lintknip-seremonie van die nuwe vleuel van Tehuis Ou Meule gesê.
'n Deel van die tehuis is op 11 Augustus 2022 in 'n brand in puin gelê, maar danksy die goedhartigheid van Riversdal se inwoners is dit herstel en is dit 'n sieraad vir die tehuis se inwoners.
Veldsman het gesê die opening van die nuwe vleuel is 'n dag om te onthou.
"Die dag wat die lig weer deur die donker breek van die brand wat in Augustus 2022 by Ou Meule uitgebreek het."
Die deel wat gebrand het, is oorgedoen en herstel tot sy volle glorie deur 'n knap bouspan.
Die binneruim is oop en lig wat 'n wonderlike en onbeskryflike gevoel vir almal is. In die woorde van 'n inwoner van dié tehuis:" Nou kan dinge weer terugkeer na normaal en ons weer tuis voel."
Inwoners van Riversdal luister na 'n toespraak deur Chris Veldsman (DROOM) Saterdagoggend, 1 April, net voor hy die lint geknip het om die nuut oorgedoende vleuel by Tehuis Ou Meule amptelik te open.
Verwante artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’