Breaking News
RIVERSDAL NUUS - 10 bejaardes is na Riversdal-hospitaal geneem na ‘n brand vanoggend, Vrydag 12 Augustus ongeveer 01:00 by die Ou Meule-tehuis in Kerkstraat uitgebreek het.
“Een persoon is oorlede, maar in die stadium is dit nie seker of dit wel as gevolg van die brand, of natuurlike oorsake was nie,” het sers. Christiaan Jansen, polisiewoordvoerder gesê.
‘n Saak van brandstigting word ondersoek.
Alle nooddienste van Hessequa, asoos lede van die gemeenskapspolisieforum (GPF) het die vuur geblus.
Geen verdere inligting is bekend nie.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'