Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Groot opgewondenheid het Donderdag 24 Januarie in die dorp geheers.
Paaie is afgebaken en groot brandweerwaens kon reeds van ver gesien en gehoor word. Die gemeenskap het in verwondering gekyk hoe die blink rooi en wit waens, sowel as Hessequa-brandweer se drilpeloton verby hulle marsjeer het. Hessequa-munisipaliteit is twee brandweerwaens, waaronder ’n 4x4 wae ryker.
Anton Bredell, minister van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het die geleentheid bygewoon en saam met Adneshel Voss, bestuurder van veiligheidsdienste inspeksie van die peloton gedoen.
Die drilpeloton se skoene het behoorlik geblink en alles was in plek. Terwyl hulle ingelid marsjeer het, kon die omstanders sien dat disspline en trots ’n belangrike grondslag is. Hul vertoning het almal beïndruk. Na die vertoning is die nuwe waens bespreek en alles is aan Bredell, Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgemeester en hul gevolg verduidelik.
Kyk 'n video hieronder:
Tydens ’n demonstrasie is gewys hoe die ‘compressed air foam system’ werk. Dié skuim word meer op paaie gebruik waar olie brandstof betrokke is. Die sleutels is deur Graham Paulse, hoof van departement Wes-Kaap, regering en Bredell aan Riddels en die speaker Andrew Stroebel oorhanding.
Die munisipaliteit het lank gepleit vir ’n 4x4 wae, sowal as ’n addisionele brandweerwa.
Chris Onrust, direkteur van gemeenskapsdienste het genoem dat risiko-gebiede geïndentifiseer is. “Ons het gesukkel om ’n spoedige reaksietyd te bewerkstellig, maar met meer en beter toerusting vergemaklik dit die taak. Ons werk daaraan om ’n baie vinniger reaksietyd te hê.”
Ander voertuie is met bakkiesakkies toegerus wat in verskillende dele van die streek met vinnige optrede kan help.
Bredell het gesê: “Ek moet die munisipaliteit met hulle visie gelukwens. Hulle vra en hulle druk. Dankie vir die omgee vir die gemeenskap. Julle het ’n trotse vloot en ons weet dat ons in ’n trotse een belê.”
Hy het selfs genoem dat klimaatverandering ’n werklikheid is en besig is om land hard te slaan. “Rampe gaan ons tref. Dit is reeds met die brande, vloede en nou selfs klein aardbewings sigbaar. Ons wil juis daarom vir die manne en vroue wat hul lewens op die spel plaas, sodat ons rustig kan slaap dankie sê.”
Hier ontvang Grant Riddles en Andrew Stroebel die sleutels. Van links is Riddles, Anton Bredell, Graham Paulse en Stroebel. Foto's San-Marié Cronjé
Lees 'n vorige artikel hier: Bredell ontmoet Hessequa-Brandweer.
Wat maak die rooi gevaar so uniek?
• Dit staan as ’n Industrial Pumper Unit bekend.
• Dit is ’n 4x4 aangedrewe voertuig wat sal help om plekke wat moeilik bereikbaar is, makliker te bereik.
• Kapasiteit vir tot 6 000 liter water.
• Sproeiers bo en rondom spuit die wa en rondom die wa nat sodat dit deur en oor vlamme en smeulende dele kan ry.
• Skuim induksiestelsel vir klas A- en B-klas skuim.
• Top watermonitor.
• Die voorste buffer se monitor is afstandbeheerbaar.
• Toerusting stoor in toegewyde ‘bin lockers’.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'