STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard en Melkhoutfontein Primêr het met ingang van Januarie 2023 af albei nuwe personeel gekry.
By Bertie Barnard het Bridgette Bell Cross aangesluit en gaan sy by die gr. 3-klas inval. Sy het in Wellington by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie studeer en het voorheen in Jeffreysbaai gewoon.
Bea Giliomee, voorheen van Robertson, het ook in Wellington studeer en gee klas vir gr. 5.
Jan Volschenk het studeer by die Universiteit van Queensland in Australië.
Hulle het vir 14 jaar daar gewoon. Hy gaan vir gr. 6 klasgee en hy is ook die sportor-ganiseerder. Karen Hattingh is tydelik vir die kwartaal en gaan wiskunde vir die gr. 4-klas aanbied. Sy het aan die Boland Onderwyskollege gestudeer.
Cameron Smith, van Stilbaai, is aangestel as 'n klasassistent. Sy het in Riversdal by Hoërskool Langenhoven skoolgegaan.
By Melkhoutfontein het Jeanne Joubert van Riversdal by die gr. 2-klas ingeval. Sy het studeer by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.
Wilmari Saayman het vir amper sewe jaar by Hessequa-munisipaliteit gewerk en deeltyds studeer, ook by NWU, en sy is by die gr. 8-klas betrokke.
Michelle Michaels van Riversdal het by Suid-Kaap Kollege studeer en sy gaan vir gr. 3 klasgee.
Laerskool Bertie Barnard se nuwe onderwysers is, van links: Bridgette Bell-Cross, Jan Volschenk, Bea Gilliomee, Cameron Smith (klasassistent) en Karen Hattingh. Agter staan die skoolhoof, Nicky Deetlefs. Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'