Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die Voortrekkers op Riversdal se graad 1 Uile-span het op Jeugdag hard en lekker aan die "Ek Weet"- kenteken gewerk.
Dié kenteken beteken onder meer om genoeg kennis met beveiliging te hê as hulle na skool op hul ouers wag om hulle op te laai en heeltemal alleen is, om 'n kragprop reg te gebruik, 'n skaafwond behandel, boodskappe reg oor te dra en die veilige gebruik van selfone.
'n ID-profielbladsy is van elke kind kind gemaak met sy of haar foto en vingerafdrukke daarop.
Fotogalery: Uile-span weet nou
Sersant Christiaan Jansen en ao Mias Oosthuizen het met die veiligheid en profielbladsye hand gegee. Piet de Kock het heerlike worsbroodjies vir middagete voorsien.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'