Update
HEIDELBERG NUUS - Inbrake op Heidelberg raak 'n groot probleem.
Só berig ao Alroy Windvogel, kommunikasiebeampte van Heidelberg-polisie. Hy maan inwoners om hul huise gesluit te hou.
"Inwoners moet sorg dat hul huise behoorlik teen voornemende misdadigers beskerm is." Hy doen 'n dringende beroep op alle inwoners om nie 'n mark vir die misdadigers te skep deur enigiets te koop indien hulle vermoed dat dit 'n gesteelde item is nie. 'n Senior burger van die dorp se Samsung J4 is gesteel toe daar gedurende die nag tussen 9 en 10 Junie by hulle ingebreek is. Die dief het eers deur die motorhuis en daarna deur 'n venster van die toilet toegang verkry.
Volgens die slagoffer, Helene (Ant Kandas) Hendricks, is die selfoon onlangs deur haar tweede oudste seun aan haar geskenk. Sy het dit in die sitkamer gelaat waar die battery besig was om te laai. "Dit lyk of die persoon probeer het om die televisie te ontkoppel, maar kon nie daarin slaag nie," het sy ontsteld gesê. Hulle het 'n vermoede wie die misdadiger is en het die polisie daarvan ingelig.
Enigeen met meer inligting kan die polisiestasie by 028 722 1910 of 028 722 8227 skakel.
Die houer waarin sy haar selfoon bêre, het langs die foon gelê terwyl dit laai.
Vorige artikel: Nog 'n inbraak op Heidelberg
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'