STILBAAI NUUS - Nadat 'n ongelukkige vissersgemeenskap oor 'n sleephelling wat sonder kennisgewing afgebreek is begin kla het, het Suid-Kaap Forum navraag aan die onderskeie rolspelers gerig.
Dit is blykbaar opgraderingswerk wat gedoen word, maar die vissers is ongelukkig omdat hulle nie in die saak geken en gevra is wanneer die beste tyd sal wees om die werk te doen nie.
Die gevolg is dat hul skuite droog tydens kabeljoutyd staan, een van die besigste en mees winsgewende visvangseisoene. Dit is steeds onduidelik wie opdrag gegee het om aan die sleephelling te werk. Die ander een wat gebruik kan word, is nie vir meeste skuite en ander bote geskik nie. Baie bote is reeds beskadig.
Volgens wet moet aansoek gedoen word voor aan 'n hawe in 'n mariene beskermde gebied gewerk word. 'n Omgewings impakstudie word gedoen om goedkeuring te bepaal.
Die omgewingsimpakbestuurdiens se direktoraat ontwikkelingsbestuur het die volgende per e-pos op ons navraag geantwoord: "Volgens protokol moet medianavrae na hierdie departement se kommunikasiedienste verwys word vir oorweging. 'n Bepaling sal gemaak word oor die aangeleentheid en die departement sal so spoedig moontlik daarop reageer."
Die kommuni-kasiebeampte, Steve Galane van Department of Agriculture,
Forestry and Fisheries (DAFF) het per e-pos geantwoord dat hy van sy kollegas in vissery sal vra om ondersoek in te stel.
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai-hawe geniet aandag
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'