Gallery Video
SLANGRIVIER NUUS EN VIDEO - Na meer as ’n jaar se gewag na 26 begunstigdes van die Asla Park behuisingsskema in Slangrivier hul titelaktes ontvang het, het nog 41 eienaars op Vrydag, 16 Julie hul aktes as bewys van eienaarskap in ontvangs geneem.
Dit bring die totaal op 210 begunstigdes van die buurt wat nou volwaardige eienaars is.
Fotogalery: Slangrivier begunstigdes kry titelaktes
As gevolg van die inperkingsregulasies het die afvaardiging van die provinsiale regering en Hessequa-munisipaliteit by die gemeenskapsaal ontmoet, vanwaar hulle na die begunstigdes se huise gegaan het om die oorhandiging te doen.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'