STILBAAI NUUSFLITS - Die plaaslike sakekamer nooi lede, besighede en belangstellendes uit na ‘n netwerkfunksie wat Dinsdag 14 Augustus om 18:30 in die Stilbaai Gholfklub aangebied word.
Die gasspreker is die bekende ekonoom, Dave Mohr (hoof beleggingstrateeg van Old Mutual) van die Kaap wat die onderwerp ‘Kan ons nog belê?’ sal behandel.
Mohr het in 1992 en 1999 die USB/Beeld-ekonoom van die jaar-toekenning ontvang.
Belangstellendes word versoek om teen Vrydag 10 Augustus hul teenwoordigheid te bevestig deur ‘n e-pos na admin@stilbaaibusinesschamber.co.za te stuur.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'