SUID-KAAP NUUS - Meer as 3 000 fietsryers gaan aan die Coronation Double Centure-fietsren op Saterdag 25 November deelneem en vir hul veiligheid, asook dié van motoriste sal die verkeer op verskeie publieke paaie beheer word.
Die byeenkoms begin en eindig in Swellendam en gebiede wat beïnvloed word is Swellendam, Bonnievale, Robertson, Ashton, Montagu, Barrydale en Suurbraak.
Die Swellendam- en Langeberg-munisipaliteite, asook die provinsiale departement van paaie en openbare werke het die volgende padsluitings en vertragings gedurende die fietstoer goedgekeur:
Padsluitings
• Somersetstraat, Swellendam 04:00 - 08:00
• Van Eedenstraat, Swellendam 11:00 - 17:00
• Murray- en Stasiestrate weerskante van die Swellendam-skouterrein 04:00 - 17:00
• Cooperstraat - tussen Kok- en Murraystrate 04:00 - 17:00
• R324, Tradouwpas 05:30 - 09:30
• Van Riebeekstraat, Montagu 08:00 - 11:30
• R62 Cogmanskloofpas aan die Montagu kant 08:15 - 12:00
• R62 Cogmanskloofpas aan die Ashton kant 08:00 - 12:00
• Zandvlietstraat, Ashton 08:30 - 12:30
• R317 vanaf Robertson tot Bonnievale (by Angorastraat) - ompad by Viljoensdrift vanaf Robertson sirkel 09:30 - 13:30
• R317 vanaf Rooibrug tot Bonnievale Kelder 10:15 - 14:30
Vir navrae voor die byeenkoms kontak 087 820 7223 of 028 514 1770/1 (byeenkoms dag alleenlik) of besoek webwerf: www.coronationdc.co.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'