Gallery
RIVERSDAL NUUS - 'n Geldinsamelingsprojek deur Ienkel Dienkel Preprimêre skool, die Colour Crazy pretstap op dié dorp het 'n groot groep deelnemers nadergelok.
Die geleentheid het Saterdag 11 November plaasgevind en deelnemers het by die plaaslike skougronde weggespring.
Vrolike kleurstasies op die roete het baie aandag getrek waar deelnemers gratis verversings kon geniet.
Die vyf kilometer-afstand is deur grootouers, ouers en kinders aangedurf.
Die hoogtepunt was natuurlik by die eindpunt, waar almal 'n kleurpoeier in die lug gegooi het om vir 'n kleureskouspel te sorg.
Die Colour Crazy pretstap op dié dorp het 'n groot groep deelnemers nadergelok.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'