Gallery Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Branville Saayman, 'n graad 9-leerder by Hoërskool Albertinia is 'n seun met vele talente, want nie alleen het hy 'n pragtige gedig teen vrouemishandeling geskryf wat eersdaags oor die radio voorgelees gaan word nie, maar is hy ook 'n toneelspeler van formaat.
Danielle Retief van die sepie 7de Laan gaan sy gedig Woensdag, 23 September tussen 19:00-20:00 op Eden FM voorlees.
Foto's: Albertinia leerder dig teen vrouemishandeling
Klik hier vir ‘n stemnota waar hy sy gedig voordra.
Kyk gerus na die akteur-in-wording se video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'