HEIDELBERG NUUS - Suid-Kaap Forum het in verlede week se uitgawe, 26 November oor 'n huis berig wat twee keer binne een week brandskade opgedoen het.
Inwoners en bure van David Benn wat in Robertsweg, Heidelberg woon is bekommerd oor die toestand van die perseel, wat 'n groot brandgevaar vir hulle almal inhou omdat daar baie hout en ander plofbare materiaal op die perseel is.
By navraag het Hessequa-munisipaliteit gesê dat die wetstoepassing-afdeling al by twee geleenthede by die betrokke woning was na klagtes van oorlastoestande op die perseel ontvang was.
"In beide gevalle was daar kennisgewings op die eienaar van die woning beteken. Optrede word teen die eienaar voortgesit om die oorlastoestand op die perseel aan te spreek," het Didi Budricks, munisipale woordvoerder gesê.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'