HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het 'n bydrae gemaak tot Hoër Landbouskool Oakdale se opkomende Akkerfees asook aan die skool se 560 kg A-toutrekspan wat Suid-Afrika later vanjaar tydens die wêreldkampioenskappe in Switserland gaan verteenwoordig.
Die onderburgemeester van Hessequa-munisipaliteit, Tinus van den Berg (tweede van links), oorhandig hier die tjek aan Thys Louwrens, kaptein van Oakdale se 560 kg-toutrekspan.
Links staan Malan du Plessis (sporthoof) en regs is Willem du Buisson (skoolhoof).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’