ALBERTINIA NUUS - Vinnige optrede deur lede van Albertinia-polisie vanoggend, 27 Augustus, twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van diefstal van motorvoertuig.
Volgens sers. Ciska Badenhorsts, plaaslike polisiewoordvoerder is ‘n voertuig in Harare naby Mitchells Plein, Kaapstad gesteel. Albertinia-polisie het om 08:41 verneem dat die voertuig op die kameras by Riversdal opgemerk is en dat hulle in Albertinia se rigting beweeg.
Lede van die polisiestasie, asoo plaaswag het die voertuig ingewag en toe agternagesit. Die voertuig het net na die Gourits-afdraai vanaf die N2 op ‘n plaaspad afgedraai, waar die bestuurder teen ‘n brug vasgery het.
Die twee mans is deur konst. Bradley Volkwyn en sers. Rosemary Nomdo, in samewerking met die plaaswag wat by hulle aangesluit het, in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'