Die kwaliteit diens wat deur die bekwame span gelewer word, het verseker dat kliënte die nodige gemoedsrus, ondersteuning en versekering van 'n wel beplande begrafnisdiens ontvang. As gevolg van hul professionele diens aan die gemeenskap, neem hul ledetal daagliks toe.
As deel van die viering van Mosselbaai/Riversdal Begrafnisdienste se twintigste bestaansjaar, het Yolanda en haar span die afgelope twee weke op verskeie plekke hul lojale kliënte bederf met die oorhandiging van sertifikate, kontantpryse, en vleispakke (meat hampers). Hulle het selfs die afgeleë gebiede soos Melkhoutfontein, Van Wyksdorp, Ladismith, Zoar, Heidelberg en natuurlik laaste maar nie die minste, die Riversdal-kantoor besoek.
Daar is geen groter vreugde as om in die posisie te wees om iets te kan teruggee aan lojale kliënte nie. Die personeel van Mosselbaai/Riversdal Begrafnisdienste het die vreugde van die feesvieringe met dieselfde passie en ywer aangepak as waarmee Yolanda die besigheid in 1994 begin het. Dit is en bly die doel van hierdie besigheid om die kliënte se behoeftes te alle tye eerste te stel en nuwe uitdagings met dieselfde geloof deur te voer.
Yolanda met haar vriendelike en professionele span van Mosselbaai/Riversdal Begrafnisdienste bedank alle bestaande kliënte en verwelkom graag nuwe lede. Vir navrae oor alle beskikbare dienste kan u die Riversdal of Mosselbaai kantore kontak by 028 713 2218 of 044 690 3314.

Annie Merkeur (Riversdal) ontvang haar 20 jaar sertifikaat van erkenning van Freddie Lewis (bestuurder, Riversdal Begrafnisdienste).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'