ALBERTINIA NUUS - Die 19-jarige Tiaan Bosman van Albertinia het Donderdag, 21 Oktober sy eerste verskyning in die hof gemaak op aanklag van moord.
Hy het na bewering vir Stephan Nomdo, ook 19, op Saterdag, 16 Oktober in die vroeë oggendure met 'n mes in die nek gesteek het.
Nomdo is op die toneel oorlede.
Die polisie was deur sy ma, Zelda Nomdo om 03:30 ontbied. Hoewel die polisie die borgtogaansoek teengestaan het, is Bosman op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Hy moet weer op 11 November verskyn.
VORIGE ARTIKEL: Jongman dood na messteek
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'