ALBERTINIA NUUS - ‘n 19-Jarige man van Albertinia is vandag, 16 Oktober in die vroeë oggendure dood nadat hy met ‘n mes in die nek gesteek is.
Die polisie is om 03:30 deur die jongman se ma na die toneel ontbied. Met aankoms was hy reeds dood.
“‘n Verdagte is in hegtenis geneem en ‘n saak is geopen vir verdere ondersoek,” het kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder gesê.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'