STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sakekamer (SSK) het Dinsdag 14 Augustus ‘n suksesvolle netwerkfunksie by die gholfklub se klubhuis aangebied.
Die bekende ekonoom, Dave Mohr, het die groot groep belangstellendes toegespreek. Die spreker is deur Willie Olivier, ‘n finansiële adviseur by Nedbank Finansiële Beplanning van dié dorp, in samewerking met die Sakekamer-bestuur na Stilbaai genooi.
Mohr het aktuele sake soos die grondkwessie behandel en het inligting oor die huidige stand van die ekonomie en beleggings, wat veral op besighede en individue van toepassing is, deurgegee.
Die gehoor het bestaan uit besigheidslui asook individue en afgetredenes.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'