HESSEQUA NUUS - Die reën wat die afgelope paar weke uitgesak het, is maar skraps en van die damme in die streek se vlakke bly daal, dus bly waterbeperkings steeds in plek.
Vlak 3 beperkings is steeds in plek vir Riversdal, hoewel die res van die streek terug na vlak 1 waterbeperkings is en het op Vrydag 11 Januarie in werking getree.
Vlak 3 - Riversdal
- Tuine mag slegs twee keer per week natgemaak word tussen 18:00 en 19:00. Gelyke straatnommers op Maandae en Donderdae en die ongelyke nommers op Dinsdae en Vrydae.
- Tuinslange mag slegs onder toesig gebruik word.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van 'n emmer gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwatertenks of boorgate gebruik word, moet dit op 'n sigbare wyse aangedui word.
Vlak 1 - res van Hessequa-streek
- Die natmaak van tuine word slegs vanaf 16:00 tot 18:00 toegelaat.
- Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
- Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. Die afwas van sekere oppervlaktes in karwasdienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel word van hierdie bepaling vrygestel.
- Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'