Gallery Video
MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Met dié kultuur-, opvoedings- en sportaktiwiteite, wat van Maandag 28 Mei tot Sondag 3 Junie aangebied is, was dit ’n besige week vir Melkhoutfontein se kinders en ouers met verskeie aktiwiteite wat daagliks aangebied is met die ‘Hope4Kids’-projek wat deel gevorm het van Nasionale Kinderbeskermingsweek.
Dit is deur Jenny Olivier, in samewerking met Badisa, die Eden Sportraad, die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, Hessequa munisipale sportraad, kerke die polisie, Ouma Lena se Huis, FAMSA, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en verskeie Eden sportfederasies moontlik gemaak.
Hoewel al die aktiwiteite gedurende dié week plaasgevind het, het dit ook langtermynoogmerke en verskeie opvolgprogramme spruit reeds daaruit.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'