MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die afgelope paar jaar is daar 'n groep omgeemense in die Hessequa-distrik en meer spesifiek Stilbaai, onder die aansporing van Jenny Olivier wat as vrywilligers inspring om die lewensgehalte van die inwoners van dié dorpie te verbeter.
Olivier is verlede jaar aangewys as die gemeenskapsbouer van die jaar by die Eden-sportraad se toekenningsgeleentheid. Vanjaar is die tema, Hope4Kids, en word die Kinderbeskermingsweek vanaf Maandag 28 Mei tot Saterdag 2 Junie aangebied. Dit behels 'n hele week van kultuur-, opvoeding- en sportaktiwiteite.
Badisa, Eden-sportraad, die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, Hessequa-munisipale sportraad, kerke, polisie, Ouma Lena se Huis, Famsa, GPF en Eden-sportfederasies neem almal hande om daarvan 'n sukses te maak.
Program
Maandag 28 Mei
• 16:00 Inheemse spelebyeenkoms in die straat voor Ouma Lena se Huis, aangebied deur DCAS
Dinsdag 29 Mei
• Poppekas aanbieding deur KANSA oor gesonde eetgewoontes by die skole die oggend
• 10:30 - Golden Games vir die senior burgers in die gemeenskapsaal
Woensdag 30 Mei
• 16:00 - Mini-landloopbyeenkoms op die sportterrein deur ASWD
Donderdag 31 Mei
• 'n Ouerlei-dingskliniek by Ouma Lena se Huis die oggend deur Famsa
• 15:00 - Mini-kriekettoernooi op die sportterrein deur SWD-krieket
Vrydag 1 Junie
• Plaaslike jongmense maak klere uit afvalmateriaal om verskillende kulture uit te beeld
• 18:00 - Groot visete. Kaartjies te koop by Ouma Lena se Huis
• Daarna neem die kultuuraand 'n aanvang met 'n modeparade, rieldanse en gumboot-danse, eie aan die Melkhoutfontein-omgewing
Saterdag 2 Junie
• 09:00 - Optog deur die strate begin voor Ouma Lena se Huis.
• 11:00 - Amptelike opening
• 12:00 - Sportprogram met 13 sportkodes (rugby touchies, 7's, potspel, tafeltennis, jukskei, toutrek, bofbal, netbal, mini-sokker, gholf, domino's, skaak en veerpyltjies).
Vir enige navrae en meer inligting kan Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830, Dave van der Walt by 062 773 4901 of Jenny Olivier by 082 565 0979 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'