MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die langverwagte Melkhoutfontein-behuisingsprojek is goed op dreef om ‘n werklikheid vir ongeveer 585 potensiële begunstigdes te word.
Die projek was deur die huidige munisipale raad geprioritiseer en op hul goedgekeurde behuisingspyplyn geplaas.
“Dit gaan ‘n gemengde projek wees, bedoelende dat dit voorsiening gaan maak vir verskeie behuisingsprogramme en “instrumente” vir persone in verskillende inkomstegroepe,” het Didi Budricks, munisipale woordvoerder gesê.
Die ontwikkeling sal huise, gedienste erwe, GAP behuising, sowel as “huurkoop-” eenhede insluit aan diegene wie aan die kwalifiseringsvereistes deur die regering voldoen.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'