HEIDELBERG NUUS - Nie eens die stormreën van verlede week kon Kairos Senior Sekondêre Skool se matrikulante daarvan weerhou om hul eerste eksamenvraestel af te lê nie, berig Suid-Kaap Forum korrespondent, Clive Pretorius.
Die reën het Donderdagoggend, 5 November net voor 08:00 uitgesak terwyl die matrieks die opdraand skool toe aangedurf het.
Met hul aankoms by die skool het hulle hulself "afgestof", die nodige Covid-19 protokol gevolg en nat-nat hul plekke ingeneem om die eksamen te begin.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'