Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Vyf-en-twintigjarige man van Heidelberg wat in hegtenis geneem is nadat hy glo 'n 21-jarige vrou van Slangrivier raakgery het, het Dinsdag, 29 Junie in die plaaslike landdroshof op aanklagte van roekeloos en nalatige bestuur verskyn.
Die beskuldigde, Roman Langa is op vryborg vrygelaat. Die saak is tot Maandag, 19 Julie uitgestel.
Die slagoffer was Saterdagaand, 26 Junie om ongeveer 20:00 saam met 'n paar jongmense op pad huis toe, toe sy deur die motor getref is.
Volgens ooggetuies het die bestuurder van 'n wit Volkswagen Golf van die toneel op Slangrivier weggejaag. Hy is die volgende dag in Heidelberg in hegtenis geneem en aangekla.
Die slagoffer, Mary-Ann Kleynhans is van die toneel deur die ambulansdienste na Riversdal-hospitaal vervoer. Sy is Sondagmiddag, 27 Junie na behandeling ontslaan. Sy het beserings aan haar nek en linkervoet opgedoen.
Vorige artikel: Vrou lig beseer na tref en trap
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'