HEIDELBERG NUUS - Mary-Ann Kleynhans (21) van Slangrivier is deur ‘n motor raakgery toe sy en nog jongmense op pad huistoe was.
Sy het beserings aan haar nek en linkervoet opgedoen.
Die voorval het Saterdagaand, 26 Junie om ongeveer 20:00 plaasgevind.
Roman Langa (25) van Heidelberg is die volgende dag in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag, 29 Junie in die plaaslike landdroshof op aanklagte van roekeloos en nalatige bestuur verskyn.
Die saak is tot Maandag, 19 Julie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'