Update
HESSEQUA NUUS - 'n Ses-en twintigjarige man, Hendrik Francies is Saterdag, 24 Oktober om ongeveer 20:10 op die toneel dood toe hy na bewering deur 'n voertuig raakgery is.
Die voorval het op die pad tussen Stilbaai en Jongensfontein gebeur.
Volgens 'n ooggetuie op die toneel het die oorledene vermoedelik in die pad gelê toe die bestuurder van 'n motorvoertuig hom raakgery het.
"'n Saak van strafbare manslag is geopen en die omstandighede rondom die voorval is tans onder ondersoek," het adjudant-offisier Morné D'Emiljo, hoof van sigbare polisiëring op Stilbaai, aan Suid-Kaap Forum gesê.
D'Emiljo vra dat enige persoon wat dalk die botsing waargeneem het, om die ondersoekbeampte, konstabel Erasmus (079 711 3350) te skakel.
Vorige artikel: Voetganger raakgery op Jongensfontein-pad
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'