RIVERSDAL NUUS - Julian Thomas Juta (43) van Riversdal het vanoggend op pad werk toe met sy fiets geval en is op slag dood.
Volgens die plaaslike forensiese patologiese dienste het sy kop vermoedelik eerste die grond getref.
Dit blyk of die fiets waarmee hy gery het, se vurk gebreek en die val veroorsaak het.
Volgens sy broer was Juta altyd vroeg by die werk. Vanoggend was hy egter nie daar nie en het hulle na hom gaan soek. Ambulanse en ander nooddienste is op die grondpad, voor die Kwanokhutula-afdraai gewaar.
Met nadere ondersoek het Juta se broer besef dat dit sy fiets is wat daar lê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'