Update
STILBAAI NUUS - 'n Man is Dinsdagoggend ongeveer 07:25 oorlede toe die vragmotor wat hy bestuur het op die R305 na Stilbaai die pad verlaat en omgeslaan het.
Die 46-jarige Melvin Cupido van Albertinia, 'n werknemer van Groenewald Konstruksie, was met 'n Mercedes-vragmotor op pad aan die onderpunt van Langhoogte, net voor Botterkloof, toe hy vermoedelik beheer verloor en die pad verlaat het.
Die vragmotor het blykbaar 'n paar keer gerol voordat dit in die veld tot stilstand gekom het.
Cupido is uitgeslinger en is op die toneel dood verklaar.
Volgens ao Morné D'Emiljo van Stilbaai-polisie word geen gemene spel vermoed nie en daar was ook geen ander voertuig betrokke nie.
Die polisieondersoek duur voort.
Remmerke wys duidelik waar die vragmotor die pad verlaat, gerol en in die veld tot stilstand gekom het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'