Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Baie konsentrasie, maar bowenal genot was op die gesigte van die rye draaiende en swaaiende lyndansers te sien wat Saterdag 25 Mei in die gemeenskapsaal vir hul jaarlikse sosiale geleentheid byeengekom het.
Dis die agtste keer wat klubs van oor die Wes-Kaap hier saam dans en kuier. Die idee was 'n gesamentlike inisiatief van die Stillbilly Rockers van Stilbaai en die Alleycats van Tableview en Mont Vista in die Kaap.
Die doel daarvan is nie net om mededansers te ontmoet nie, maar ook om nuwe danse te leer.
Die leier van die Alleycats, Allison Dixon is die hoofinstrukteur by die saamtrekke, terwyl Hester de Villiers van die Stillbilly Rockers al die reëlings vir die dag behartig.
Hierdie jaar is 10 lyndansklubs verteenwoordig: Buiten vir Stilbaai en twee Kaapse groepe, was daar ook dansers van Riversdal, Mosselbaai, Caledon/ Gansbaai, twee klubs van George en twee van Hermanus.
Kyk 'n video hieronder:
Lyndans verg konsentrasie, maar dis duidelik dat die dansers dit geniet. Foto's: Deona Aucamp, korrespondent
Lees 'n vorige artikel hier: Lyndanslekkerte op Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'